Vakante Poste



TINCO Swemskool bied jou die ideale geleentheid om 'n verskil te maak in die manier waarop ons kinders swem leer.

Posisie: SWEM INSTRUKTEUR

Ons is op soek na 'n entoesiastiese swem instrukteur om kinders en volwassenes van alle ouderdomme te help om behoorlike swemtegnieke en vaardighede te ontwikkel.

Wat doen 'n swem instrukteur?

Swem instrukteurs help kinders en volwassenes om behoorlike swemtegnieke te ontwikkel. Hulle kan ook swemspanne afrig en meer gevorderde swemmers help om hul swemvermoëns te verbeter. Om suksesvol te wees as 'n swem instrukteur, moet jy geduld en entoesiasme toon en in staat wees om studente te motiveer om hul swemdoelwitte te bereik. Jy moet effektief kan kommunikeer met studente en ouers om deurentyd 'n positiewe verhouding te bewerkstellig.

Swem Instrukteur Verantwoordelikhede:
  • Beplanning van swemlesse
  • Onderrig van swemtegnieke, swemslae en waterveiligheidsreëls aan studente met verskillende swemvermoëns
  • Hulp bied aan meer ervare swemmers om hul swemvermoëns te verbeter
  • Identifisering van foutiewe swemtegnieke en regstelling daarvan
  • Evalueer die vordering van studente en dienooreenkomstig ook die aanpassing van onderrigprogramme
  • Toesig oor studente en terugvoer in geval van enige ongelukke of beserings wat mag voorkom
  • Terugvoer gee betreffende bywoning van klasse
  • Versorging van swemhulpmiddels en toerusting om die swembad
  • Verseker dat die swembad en kleedkamers skoon en netjies gehou word
Swem Instrukteur Vereistes:
  • Matriek of hoër kwalifikasie
  • Ervaring as 'n swem instrukteur
  • Geldige CPR & Eerstehulp kwalifikasie
  • Diep kennis van behoorlike swemtegnieke en waterveiligheidsreëls
  • Sterk swemvermoëns
  • Deeglike begrip van swem en verskillende leerstyle vir verskillende ouderdomsgroepe
  • Effektiewe kommunikasie- en konflikoplossingsvaardigheid
  • Passievol en entoesiasties
Wat bied TINCO swemskool jou?
  • Mededingende salaris
  • In-huis opleiding
  • Opwindende en bevredigende werks omgewing
  • Gratis Swemlesse vir jou kinders by TINCO Swemskool
  • Deeltydse of voltydse posisies beskikbaar
  • Maandag tot Saterdag posisies beskikbaar
  • Minimum administratiewe werk, sodat jy kan fokus op onderrig, wat jy van hou
Indien jy graag by ons dinamiese omgewing wil aan sluit, stuur asseblief jou CV en skeduleer 'n onderhoud. Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!